Daar is sprake dat die AirPods saam met die nuwe iPhone in September bekendgestel sal word.

Volgens verskeie bronne begin Apple so vroeg soos volgende maand reeds met die produksie van hulle nuwe AirPods 3 produk. Dit maak sin, want Apple gaan in September, soos per die gebruik, weer ‘n nuwe iPhone bekendstel en die idee is waarskynlik om die nuwe AirPods saam met die foon se release te laat gebeur. In uitgelekte renders van die nuwe AirPods lyk dit asof hulle veel kleiner en meer kompak as die vorige rondte AirPods is. Hulle gaan ook ‘n sagte silicone oorstuk bevat, wat baie soos die AirPods Pro sal wees. Dit lyk asof Apple die ontwerp van Samsung se nuwe oorfone volg. Apple het nog nie ‘n amptelike kennisgewing hieroor uitgereik nie.