Hulle het nou die majority share in die maatskappy.

Louis Vuitton het duidelik die waarde in die Off White™ brand gesien, aangesien hulle ‘n 60% aandeel in die kleremaatskappy gekoop het. Virgil Abloh, die persoon wie Off White™ begin het sal 40% in die maatskappy behou en hy sal blykbaar die creative director ook bly. Met Louis Vuitton se betrokkenheid hoop hulle om die Off White™ brand tot nuwe hoogtes te neem en om meer klere teen ‘n vinnger tempo te ontwikkel. Hulle wil ook graag meer as net klere onder die brand ontwikkel. Van die items wat op pad is is parfuum, juwele en meer.