Die polisie gaan verdere ondersoek doen na die waarheid agter haar dood.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het die saak oor Anele Tembe, of “Nelli” se dood terug na die polisie gestuur vir verdere ondersoek. Alhoewel baie mense dink dit is omdat daar nuwe bewyse vorendag gekom het is die eintlike rede hiervoor dat dit standaard praktyk is. In gevalle waar persone dood is van onnatuurlike oorsake moet die NVG die saak terugverwys vir verdere ondersoek. Die polisie het aangedui dat hulle verder sal werk aan hulle soektog na die ware rede vir haar dood. Vir lank was rapper AKA, haar boyfriend, een van die verdagtes in die saak, maar na ‘n onlangse onderhoud lyk dit asof hy nie meer soseer as ‘n persoon van belang beskou word nie.