Hy en Max Verstappen het kontak gemaak tydens die eerste rondtes van die wedren, waarna Verstappen verongeluk het.

Lewis Hamilton het gister die Silverstone Grand Prix in Engeland gewen. Tydens die eerste paar rondtes van die wedren het Hamilton en Max Verstappen kontak gemaak en Verstappen het lelik verongeluk. Hamilton was aangewys as die skuldige party in die botsing en het ‘n 10 sekonde tydsboete opgedoen. Verstappen was hospitaal toe gejaag, maar hy is kort na 22:00 gisteraand ontslaan. Hamilton het sy wen met bravade gevier voor ‘n skare van meer as 150 000 mense. Dit is die eerste keer in ‘n paar wedrenne wat Hamilton eersteplek in die sakkie kry. Die volgende wedren sal oor twee weke plaasvind en dit word verwag dat Verstappen sal sekermaak hy hou sy titel bo aan die kampioenskap.

 

 
 
 
 
 
View this post on Instagram
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 

A post shared by FORMULA 1® (@f1)