Hulle het die voorstel verlede week aan die Bevelsraad deurgegee.

Met die huidige vlak van inperkings is drankverkope steeds nie toelaatbaar nie. Dit merk die derde week van die algehele drankverbod en die industrie verloor daagliks duisende rande as gevolg daarvan. Die Wes-Kaapse regering het egter verlede week ‘n brief aan die Nasionale Bevelsraad gerig waarin hulle eis dat drankverkope minstens aanlyn toegelaat moet word. Mense wat aanlyn drank koop kan dit dan by hulle huis afgelewer kry. Die Bevelsraad moet nou oor die voorstel besluit en hulle terugvoer hopelik hierdie week gee