Dit sal dan basies soos Snapchat werk.

WhatsApp is hard aan die werk om “disappearing photos” op hulle messaging app beskikbaar te maak. Die funksie sal werk presies soos wat Snapchat tans doen. Gebruikers sal foto’s kan stuur wat net vir ‘n paar sekondes sigbaar is voordat dit geheel en al verwyder word vanaf die chat. Die beta weergawe van hierdie funksie is verlede Vrydag uitgerol aan toetsers. Na hierdie rondte toetse sal WhatsApp veranderinge maak en die funksie dan deurstoot aan die publiek deur middel van ‘n update.