Cassper Nyovest het onlangs sy opwinding gedeel toe hy sy eerste sneaker bekendgestel het.

Hy het hierdie skoen saam met Drip Footwear vervaardig. Volgens die kunstenaar het hy tydens die harde lockdown verlede jaar die idee gekry om sy eie skoenreeks te begin. Hy het iets nodig gehad om sy kreatiwiteit in te stort. Die skoen is heeltemal pienk en is ‘n “slip om” design. Die skoen is nou beskikbaar en dit word verwag dat daar binnekort nog ontwerpe en modelle in die reeks bekendgestel sal word.