“Devilsdorp” gaan oor die Krugersdorp-moorde.

Showmax sal teen die einde van die maand ‘n nuwe plaaslike misdaad-dokkie bekendstel. Die reeks sal die storie van die Krugersdorp-moorde vertel. “Devilsdorp” beloof om kykers vasgenael te hou. Die “afspraakmoorde” het vir Suid-Afrikaners ‘n paar jaar terug erg geskok en die nuwe reeks onthul feite wat blykbaar nog nie voorheen bekend was nie. In die reeks word ekslusiewe beeldmateriaal gewys van die kultiese aktiwiteite van die moordenaars asook onderhoud met verskeie kenners oor wat presies gebeur het. Die reeks sal op 29 Julie beskikbaar wees.