Ander maatskappye sal dit dan op hulle eie produkte kan gebruik.   TikTok se AI en algorithms is baie suksesvol en gewild. Dit is wat grootendeels daartoe lei dat die “for you” page op die app so vermaaklik en verslawend vir mense is. TikTok het ‘n nuwe divisie oopgemaak wat daarop gefokus is om hierdie tegnologie te verkoop aan ander maatskappye. Dit lyk asof daar ‘n vraag is na hierdie sagteware, sodat dit in ander projekte en produkte gebruik kan word. Baie tech maatskappye het al probeer om die AI en algorithms na te maak, maar niks kom by TikTok se eie oplossing nie. Dit is nog nie duidelik presies wat dit sal kos om hierdie sagteware te kan gebruik nie, maar dit kan heel moontlik miljoene kos.