Jy kan nou stem om seker te maak jou gunsteling is in die Top 10.

Gisteraand is die Miss SA Top 30 vir 2021 bekendgestel. Vir die afgelope paar weke het hoopvolle persone ingeskryf op sosiale media deur kort video’s van hulleself op te laai waar hulle verduidelik waarom hulle ‘n plek in die Top 30 verdien. Die Top 30 is gekies deur ‘n paneel wat deur al die inskrywings gegaan het. Hierdie jaar se Top 30 is baie divers, met dokters, prokureurs en loodse wat dit tot op die lys gemaak het. Die jaar is daar vir die eerste keer ook ‘n transgender persoon wat dit tot op die eerste uitdunvlak gemaak het. Jy kan stem vir jou gunsteling inskrywings om seker te maak hulle is in die Top 10 deur middel van ‘n SMS.