Die Minister van Onderwys meen dat hulle weekliks die situasie dophou.

Volgens BusinessTech is daar ‘n groot kans dat skole vir langer as die aanvanklike datum gesluit sal bly as deel van die regering se planne om die derde golf van Covid-19 infeksies te bekamp. Volgens die Departement van Onderwys hou hulle weekliks die data dop om te bepaal of dit veilig is om skole weer oop te maak. Baie ekonome en ander kenners het reeds aangedui dat hulle dink die regering sal beslis die huidige vlak 4 inperkings verleng na die tydperk waarvoor dit uitgesit is die naweek tot ‘n einde kom. Onderwysers word op die stadium bygestaan om inentings te kry. Die president sal na verwagting die naweek weer die land toepsreek om onder andere te praat oor die heropening van skole en of die land se inperking verlaag or verleng sal word.