Haar sekuriteitswag het hofstukke ingedien en sy moet nou daarop reageer.

Kris Jenner van die Kardashian-faam word beskuldig van sexual harassment teen haar sekuriteitswag. Die wag het onlangs hofstukke ingedien en Jenner moet nou daarop reageer. Hy meen dat Jenner hom op meer as een geleentheid seksueel aangetas het, teen sy sin. Hy voer ook aan dat Jenner hom onregverdig afgedank het omdat hy begin kla het oor die harassment. Die hofstukke lees, “Between May, 2017 and September 12, 2018 defendant Jenner began repeatedly and frequently causing her body to come into intimate physical contact with the body of [McWilliams] and making overt comments of sexual nature to [McWilliams] on a repeated basis.”