Hulle het die song vandag bekendgestel.

Imagine Dragons het vandag ‘n nuwe teaser song vrygestel wat op hulle nuutste album sal verskyn. “Wrecked” is geskryf deur die band se frontman, Dan Reynolds kortliks nadat sy skoonsuster aan kanker oorlede is. Die liedjie verken dus temas van verlies, depressie en hartseer tydens die rouproses. Dit is volgens baie fans een van Imagine Dragons se mees emosionele songs nog. Die nuwe album, “Mercury – Act 1” sal op 3 September vanjaar bekendgestel word.