Hulle sal vanaf 15 Julie hulle inspuitings kan kry.

Suid-Afrikaners wat ouer as 50 is sal vanaf 1 Julie hierdie week kan registreer om hulle inentings teen die Koronavirus te ontvang. Volgens die Departement van Gesondheid sal hulle die intentings vanaf 15 Julie begin toedien aan diegene wat ouer is as 50 en wel geregistreer het. Mense ouer as 60 kan vir ‘n geruime tyd reeds gaan vir hulle inspuitings, maar dit lyk asof baie van hulle verkies om nie die inspuitings te kry nie. Die regering hoop dus dat deur meer mense by inentingslokale te verwelkom, hulle vinniger groepsimmuniteit in die land sal opbou.