Hurrell het die remix op Instagram release.

Cyril Ramaphosa was hierdie week die fokuspunte van baie gesprekke, maar vir ander redes as wat mens sou verwag. Tydens ‘n regstreekse perskonferensie het die president gewag vir sy personeel om sy iPad by hom uit te kry. Om die tyd om te kry het hy gegrap en gevra waar sy iPad is en dat dit gesteel moet wees. Cyril se gesteelde iPad was toe eintlik net by sy tegniese span terwyl hulle dit vir hom regkry vir die toespraak. Die DJ, Max Hurrell, het dadelik die president se woorde “Can I have my iPad please?” in ‘n catchy nuwe song verander! Hurrell het bekend geraak na hy sy eerste remix van ‘n politician in die lockdown release het (“ZOL”). Luister na die remix hieronder.