Jy sal dit soos ‘n smartwatch op jou gewrig kan sit.

‘n Nuwe Tamagotchi is bekendgestel om die 25ste herdenking van hierdie handelsmerk te vier. Hierdie weergawe sal soos ‘n smartwatch op jou arm gedra kan word sodat jou digitale troeteldier altyd saam met jou is, maak nie saak waarheen jy gaan nie. Om een te besit moet jy inskryf vir ‘n lucky draw. Dit sal wel daarna in Japan beskikbaar wees om te koop teen R800 een. Dis nog nie duidelik of hulle internasionaal beskikbaar sal wees nie.