Daar sal 582 000 onderwysers regoor die land hulle inentings vanaf Woensdag ontvang.

Vanaf Woensdag, 23 Junie sal onderwysers in Suid-Afrika hulle inentings teen Covid-19 begin ontvang. In die Wes-Kaap meen amptenare hulle is gereed om hierdie week op grootskaal onnies te begin inspuit. Volgens die nasionale regering wil hulle al 582 000 onderwysers in net 10 dae klaar ingespuit he. Indien hulle dit regkry sal dit die mees suksesvolle rondte van inentings in die land tot dusver wees. In die Wes-Kaap is daar tans 546 leerders met Covid-19 en 148 onderwysers wat ook positief getoets het. Die regering hoop dat die inentings sal help om skole oop te hou, ongeag wat die vlae van Covid-19 infeksies inhou.