Hulle het dit blykbaar gemaak om deepfakes beter te kan identifiseer.

Facebook het die week hulle nuutste AI tool bekendgestel – TextStyleBrush. Met hierdie platform kan jy enige teks invoer en voorbeelde van fisiese handskrif oplaai. Die program sal dan die handskrif analiseer en “leer” sodat dit die teks wat jy ingevoer het akkuraat kan omsit in daardie handskrif sodat dit lyk asof dit oorspronklik so geskryf is. Volgens Facebook het hulle hierdie projek begin om seker te maak hulle is ‘n stappie voor enige moeilikheidmakers wat dalk soortgelyke tegnologie vir die verkeerde redes wil gebruik.