Jy sal dan byvoorbeeld nie jou ex, kollegas of familie op die app kan sien nie. Tinder het ‘n nuwe funskie onlangs op hulle app uitgerol wat dit uiteindelik moontlik maak om mense te blok. Wanneer iemand geblok is op jou Tinder sal jy hulle nooit in jou cards raakloop nie.

Users sal die geleentheid kry om uit hulle contact list te kies wie hulle wil blok en Tinder sal dan enige rekeninge wat aan daardie e-pos adres en selnommer gelink is, verwyder uit jou cards. Tinder meen hierdie is een van die maniere waarop hulle drasties die veiligheid van hulle dating platform wil verbeter.