Hulle voer die hele song in Xhosa op.

Die Ndlovu Youth Choir het hulle nuutste musiekvideo vrygestel vir die cover van Lady Gaga se treffer, “Shallow” wat op die fliek, A Star is Born vir die eerste keer gehoor is, Hulle het die hele liedjie oorgeskryf en in Xhosa opgevoer. 

Die koor se creative director het aangevoer dat hulle opgewonde is dat die koor nie net ‘n “cover band” is nie. Hulle skep nuwe inhoud, al kom dit uit bestaande materiaal, soos die Xhosa weergawe van “Shallow”. Jy kan die video hier stream.