Hulle is een van die grootste internasionale sportwinkels in die wêreld.

Decathlon, een van die grootste sportwinkels in die wêreld, het aangedui dat hulle ‘n Suid-Afrikaanse tak in Bryanston gaan oopmaak. Die “sports hub” soos hulle dit noem, sal ‘n concept store wees met drie verdiepings. Een van die verdiepings sal ‘n wellness-sentrum wees en die ander twee sal uitsluitlik vir die verkoop van produkte geallokeer word. Ander brands soos Garmin en Biogen sal winkels binne die concept store vul om die hub werklik ‘n eenstop bestemming te maak. Hulle beoog om die winkel teen Julie oop te maak.