Dit word van mohair deur die designer, Matte Nolim, gemaak.

Suid-Afrikaners behoort te weet wat ‘n makoti kombers is, aangesien dit ‘n groot kulturele rol speel in sekere gemeenskappe in die land. Dit word gewoonlik gedra deur die bruid tydens tradisionele huwelikseremonies, maar word ook ingespan as ‘n kniekombers of selfs decor vir ‘n huis. 

Sulke komberse kan gewoonlik vir onder R200 by plekke soos PEP gekoop word. Maar daar is nou ‘n nuwe designer makoti kombers beskikbaar vir R10 000! 

https://mattenolim.com/products/blanket

Die stuk is gemaak deur Matte Nolim en word van 100% mohair vervaardig. 

Jy mag dalk dink die prys is absurd, maar die komberse is uitverkoop, wat daarop dui dat Suid-Afrikaners graag die beste van die beste soek as dit by makoti komberse kom! 

Volgens die designer van die stuk wou hy nog altyd items maak wat tradisionele Afrika stukke vat en dit in luukshede omskep. Op die manier glo hy kan hy die Afrika-kultuur tot op internasionale vlak bring. 

Hy het ook genoem dat hy vernaam die makoti komberse in sy huis onthou van toe hy ‘n kind was. Daarom is dit ook vir hom iets besonders om dit wat hy van sy kleintyd onthou te herontwerp noudat hy ‘n volwassene is.

Op Twitter het sekere mense wel gespot met die prys van die kombers, wat buitensporig is in vergelyking met enige ander kombers van dieselfde soort.