Dit bottel was deel van ‘n vrag wat oorspronklik aan Napoleon Bonaparte gestuur moes word.

 

By ‘n veiling oor die naweek is ‘n bottel wyn vir amper R500 000 opgeveil. Die bottel is een van 12 wat ons van weet wat tans regoor die wêreld nog bestaan. Die bottel Grand Constance 1821 was oorspronklik bestem om aan Napoleon Bonaparte gestuur te word, wat dit natuurlik ‘n ryk geskeidenis gee. Mense van verskillende lande het met mekaar meegeding om die bottel te kry. Dit is waarom die prys uiteindelik by R420 000 gaan draai het. Die koper is ‘n persoon van die UK.