Maar artists soos The Weeknd stel steeds nie belang in die awards ceremony nie.

Die Grammys het die week aangekondig dat hulle die amptelike selection process vir Grammy Awards gaan verander. 

Voorheen het dit so gewerk dat ‘n geheime komitee die finale keuse gehad het oor watter kunstenaars en liedjies by die geleentheid op die nominasie lys mag verskyn. Die komitee bestaan uit net 15 tot 30 mense, maar die amptelike Academy wat veronderstel is om die meeste influence uit te oefen bestaan uit 11 000 lede. 

Verskeie kunstenaars het gemeen dat hierdie stelsel korrup is en dan 15 tot 30 mense nie so groot invloed oor een van die grootste musiekgeleenthede behoort te hê nie. 

Met die nuwe proses sal die Grammys nie meer van die geheime komitee gebruik maak nie. Die algemene Academy sal nou die finale keuse kry oor wie op die nominasielys sal verskyn. 

Die nuwe sisteem sal vanaf 2022 se Grammys al in werking tree. 

Kunstenaars soos The Weeknd het egter aangedui dat hy steeds nie belangstel in die geleentheid nie en dat die skade reeds gedoen is. 

In ‘n onderhoud met Variety het The Weeknd gesê dat die vertroue tussen kunstenaars en die Grammys oor dekades reeds verbrokkel is. Om nou skielik vir hulle te vertrou, meen hy, sal nie wys wees nie. 

Hy het in dieselfde onderhoud aangevoer dat die feit dat die Grammys nou hulle selection process verander vir hom wys dat hulle weet hulle proses was nog altyd korrup. Daarom stel hy nie belang om sy musiek te nomineer vir ‘n Grammy nie.