Die sous het verlede jaar van SA rakke af verdwyn na die verspreiding na die land gestop is.

Laas jaar het HP Sauce van Suid-Afrikaanse rakke af verdwyn nadat die verspreidingskontrak daarvan na die land verval het. Nou begin dit stadig maar seker weer in sekere winkels beskikbaar raak. Dit is aangesien Pick N Pay ‘n spesiale, beperkte besending van die sous gekry het. Pick N Pay het blykbaar die souse direk ingevoer, omdat hulle weet hoe baie hulle kopers dit geniet. Hulle het baie min bestel, aangesien hulle wil wag vir die nuwe verspreider om hulle kontrak te finaliseer, waarna HP Sauce weer vrylik in die land beskikbaar behoort te wees.