Die version bevat ekstra chilli en kos 50% meer as gewone Marmite.

Daar’s nou ‘n nuwe Marmite in die UK beskikbaar. ‘Dynamite’ Marmite is presies wat jy sal imagine dit is – gewone Marmite, maar met ekstra chilli daarin gemeng. Sover is die reviews van die spicy smeer gemeng – party mense meen dit is te sterk terwyl ander weer dink dit is ‘n interessante nuwe creation. Daar is tans net een winkelgroep in die UK wat die produk stock en hulle verkoop dit teen 50% meer as die prys van gewone Marmite. Dis nog nie in SA beskikbaar nie, maar Marmite se marketing span meen dit kan dalk in die nabye toekoms hier beskikbaar wees.