Sy gaan nou eerder fokus op Fenty se makeup- en velprodukte.


Rihanna het aangekondig dat sy en haar vennoot in die Fenty fashion label, Louis Vuitton, saam besluit het om die brand vir eers op sy te sit. Hulle het hierdie besluit geneem aangesien daar sover baie min verkope vir hierdie klerereeks is. Fenty sal vir eers meestal fokus op hulle makeup en velprodukte, aangesien dit redelik goed verkoop. Rihanna en Louis Vuitton meen hulle moet eerder hulle energie fokus op produkte wat wel goed deur die mark ontvang word. Fenty het laas op 1 Januarie ‘n post op hulle Instagram gemaak.