Die celeb het onlangs die nuwe Skims-reeks gedra tydens ‘n photoshoot.   Die celeb en model Kendall Jenner is onlangs op Instagram en Twitter uitgehaal oor haar “micro thong”. Die effense itempie is deel van die nuwe Skim-reeks – die Kardashians se klere-brand. Die kledingstuk is op Valentynsdag bekendgestel en Kendall het ‘n foto van haarself in die onderklere op sosiale media geplaas.

 

 
 
 
 
 
View this post on Instagram
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 

A post shared by SKIMS (@skims)

Mense het in die comments hulle skok uitgespreek met vrae oor hoe die kleine panty bo bly en al die nodige liggaamsdele bedek. Die produk word bemark met die idee dat dit “enige” liggaam sal pas, maar mense stem nie saam nie. Hulle meen dat Kendall ‘n buitegewone klein lyf het en enigiemand met ‘n groter figuur gaan sukkel om die fashion statement te laat werk.