Meer as 16 000 Bitcoin is gesteel deur MTI se topbestuur.

Die MTI Bitcoin platform het teen die einde van verlede jaar inmekaargestort. Gebruikers het begin agterkom hulle kan nie meer in log om hulle Bitcoin te onttrek nie. Die platform het so gewerk dat mense Bitcoin oorbetaal aan MTI en hulle dit dan namens jou verhandel sodat jou Bitcoin groei. Op ‘n stadium was daar meer as 16 000 Bitcoin op MTI gelaai! Dit was egter te goed om waar te wees en duisende mense moes hulle beleggins koebaai roep toe MTI se baas, Johan Steynberg eweskielik net verdwyn het. Na dit gebeur het kon niemand meer hulle Bitcoin onttrek nie. Nou het die maatskappy, Chainalysis, hierdie episode as die grootste crypto scam nog ooit bestempel. Hulle het vir mense gewaarsku dat enige Bitcoin-platform wat belowe om buiten gewone groei te waarborg amper altyd ‘n scam is.